
=====================================================================
George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


George doen ding vir Afrikaanse reklame

  Myra Lochner vertel hoe dit woel in die Klein Karoo en die Suid-Kaap met Afrikaanse sgoed om 'n saak mee te verkoop.           WYLE 
Johan Combrink sou hom beslis verlustig het in die produk van sy laaste doending: die aankondiging van die wenners van 'n kompetisie 
waarvan hy en dr. Helena Liebenberg [medewerker van die Stigting vir Afrikaans se tuisblad op die Internet] die beoordelaars was. Ek het 
di Sakeslagsinkompetisie vir die Suid-Kaap op dreef gekry om Afrikaanse reklame in ons kontrei 'n hupstoot te gee. Dit word nou jaarliks 
aangebied deur Taalkreatief: Afrikaans en die Vriende van Afrikaans op George.

Ons eerste kompetisiewenner in November 1998 was Tip Top Juweliers, George. Sy inskrywing "Ons maak herinneringe van goud" is aangewys as 
die eerste wenner van die Heidetoekenning, die wisseltrofee vir die Suid-Kaapstreek. Sakeondernemings van Plettenbergbaai tot Heidelberg is 
by die Suid-Kaapkompetisie ingesluit.

Johan Combrink is op 25 Julie oorlede, maar sy onuitwisbare invloed as toonaangewer was in vanjaar se kompetisie duidelik sigbaar. Hy het 
juis beplan om by die twee toekenningsgeleenthede, een op Oudtshoorn en die ander op Mosselbaai, saam met Helena op te tree. Hy het woord 
gehou -- hy was in die gees teenwoordig, s Helena.

Met die eerste oorhandiging vanjaar van die Klapperbos-wisseltrofee vir die beste reklamesin van Oudtshoorn, het die Klein Karoo toegetree 
tot ons Slagsinkompetisie. Uit 84 inskrywings is drie finaliste en uiteindelik 'n algehele wenner gekies. Die Klein Karoo se dorpe soos 
Oudtshoorn, De Rust, Calitzdorp, Willowmore, Uniondale, Prins Albert en Beaufort-Wes het nou die geleentheid om mee te doen. Uit elke dorp 
word 'n wenner aangewys en uit elke streek word 'n algehele wenner gekies.

Die wenner van die Klein Karoo was die slagsin van Morn du Plessis van Du Plessis Motors, Oudtshoorn: "Du Plessis Motors maak van 'n 
kruiewa 'n vuurwa". Kort op sy hakke volg Naomi Nel van Oudtshoorn Motor Valet met die allitererende uitnodiging: "Wiel in en was jou wa". 
Die derde plek is verower deur Robert en Alda Kellerman van JK Juweliers, Oudtshoorn, met die skitterende: "Dink goud ...! gebruik jou IK 
en kom na JK".

By die toekenningsaand op Mosselbaai was die wenners in die Mosselbaai/Hartenbos/Groot-Brakrivierstreek Gladys Salem van Suikerklontjie, 
Heiderand, met die soete belofte: "By Suikerklontjie is daar 'n smaak vir elke mondjie"; tweede was Dirkie van Niekerk van Mosselbaai met 
begrip vir die nood van motoris n motor: "Mosselbaai 1-stop: waar jy leegmaak en ons volmaak" , en derde Kolie Visser van Foto First, 
Mosselbaai: "Eersteklas foto's vir eersteklas herinneringe".

Die organiseerders van die Slagsinkompetisie, Org Naud, George Lochner en ek, is van mening dat hierdie projek Afrikaans as reklametaal 
landwyd kan bevorder. Ons is veral verras deur die positiewe ontvangs deur anderstalige sakelui. Hulle het bykans sonder uitsondering die 
skryf van 'n eie sakeslagsin -- en dit nogal in Afrikaans -- as prettig en innoverend bestempel. Sakelui word ook aangemoedig om Afrikaanse 
name vir hul ondernemings te skep.

'n Unieke bydrae is di van Franois Henn, 'n afgetrede skoolhoof van George, wat as karikaturis ingespan word om by die slagsinne van 
geselekteerde deelnemers karikatuursketse te maak. Hulle word by verskeie geleenthede ten toon gestel.

Kruisbestuiwing tussen sakelui, kunstenaars en alle Afrikaanse klante/klinte kan die Afrikaanse hartsgemeenskap verenig en ook vriende 
onder anderstaliges werf. Op toekenningsaande word belangstellendes aangemoedig om hul talente te beoefen of taalvaardighede en -ervarings 
oor te dra. Leon Coetzee, 'n prokureur van Oudtshoorn, het reeds die mense van die Klein Karoo en die Suid-Kaap laat skater met sy sgoed 
uit die regswreld.

Johan Combrink en Helena Liebenberg het hul keuse van 'n wenner deeglik gemotiveer. Hier is 'n uittreksel.
Gladys Salem se "By Suikerklontjie is daar 'n smaak vir elke mondjie" beantwoord ten volle aan die vereistes vir 'n suksesvolle slagsin. 
Die taalgebruik is onopgesmuk, dog treffend. Elke woord is verstaanbaar want dit is alledaagse Afrikaans. Di slagsin is kort en kragtig. 
Met woorde wat wek en voorbeeldjies wat trek, is 'n soete inval by Gladys Salem se Suikerklontjie onvermydelik!
 Myra Lochner is stigterslid van Taalkreatief: Afrikaans, en stigtersbestuurslid van die Vriende van Afrikaans op George.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6316.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

